Springbok

Hierdie artikel handel oor die boksoort. Vir die dorp in die Noord-Kaap, sien Springbok, Noord-Kaap, en vir die nasionale rugbyspan, sien Springbokke.

Springbok
Springbokram in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië
Springbokooi in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Antidorcas

Sundevall, 1847
Spesie:
A. marsupialis
Binomiale naam
Antidorcas marsupialis
(Zimmermann, 1780)
Verspreiding in Suider-Afrika

Die springbok (Antidorcas marsupialis) is 'n klein, bruin-en-wit wildsbok wat in die westelike dele van Suider-Afrika aangetref word.

Volwasse springbokke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm. Springbokramme weeg 33–56 kg, terwyl ooie 'n gewig van 25–40 kg kan bereik. Die ram het horings wat tot 48 cm lank kan wees. Springbokke bereik 'n spoed van 80–90 km/h, terwyl hul naam op hul springvermoë dui: hulle kan 3,5 m hoog en tot 15 m ver spring.

Springbokke kom voor in die droë binnelandse gebiede van Suider-Afrika en was eens op 'n tyd volop hier. Weens die jag op hulle en die menslike besetting van hul woongebied is daar egter vandag aansienlik minder oor.

Die ooi is tussen 5,5 en 6 maande dragtig, waarna 'n enkele lammetjie gewoonlik in November gebore word. Springbokke het 'n moontlike lewensduur van tien jaar.

  1. (en) "Antidorcas marsupialis". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2014.3. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. 2008. Besoek op 7 Januarie 2015. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search